Kan iemand asb help?

Goeiedag

Ek is betrokke by ‘n laerskool in die Middelburg/Witbank omgewing. Die skool het ‘n jaar of twee gelede begin met allerhande groen projekte, waaronder ook ‘n erdwurmboerdery waarvoor ons (gr 3’s) verantwoordelik is. Ons eerste poging het misluk. Ons wil dit egter baie graag behoorlik op die been bring. Ek het het ‘n bietjie probeer oplees, maar vind dat verskillende mense verskillende raad gee oor aspekte soos kos, hoeveelheid water ens. Indien iemand met meer ervaring bereid sal wees om ons te help of dalk selfs die skool kom besoek, sal ek baie bly wees. Wat aanvanklik vir my na ‘n eenvoudige projek gelyk het, blyk egter ‘n Wetenskap-in-die-kleine te wees en ek hoop daar is ‘n kundige wat sy kennis met ons kinders sal deel.

Louise (0828224950)

Advertisements

5 Responses to Kan iemand asb help?

  1. Rachie Beets sê:

    Ek is suksesvol daarmee. Kontak my by Rachie.beets@gmail.com Ek woon egter in Randfontein, maar kan julle raad gee. Groete
    Rachie

  2. Goeie dag, ja ek was ook maar in die begin bietjie dom, maar daar is soveel wenke dat ek maar gesif het onder die spul, ek tap redelik baie tee en het al kompos ook geoes, so as ek kan help is julle welk
    om om my te kontak. ek bly in Witbank en as julle wil kan julle my kontak op ‘n e-pos gawieb@mailbox.co.za Groete Gawie

  3. David Van Der Berg sê:

    Hi Louise. My naam is David, my cell nr is: 072 1989 773. Ek het nie baie ondervinding met “erties” nie, maar van een polystyrene box 5 maande gelleede, het ek nou 18. Kom U ooit Pietersburg toe? As U wil, gee my n luitjie. Eksal alles vir kan wys.

    Groete.

  4. ilse sê:

    middag as ek van die tee wil verkoop wat kan ek vra asb

  5. Gawie sê:

    Laat ek jou so vra, wat is jy bereid om vir die tee te betaal as jy dit sou aankoop ? Ek dink dat as jy vir jou self ‘n eerlike antwoord kan gee wat jy sou betaal is jou vraag beantwoord.

    Groete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: