Die tee-kwessie. Deel 2

HELP!  ‘n Tannie het vir my geskryf.  Sy het by iemand wat ‘n erdwurm plaas van my gekoop het, my adres gekry.  Nou sit ek met ‘n penarie – ek kry eposse op my Blackberry en my skootrekenaar, en soms verdwyn die pos tussen die twee, soos met haar skrywe die geval was.

Ek dink sy is in ‘n sekuriteitskompleks of aftree oord.  As jy vermoed jy is die ‘missing link’, druk asb. vir haar hierdie brief en vra namens my en die elektronika van die eeu, omverskoning!

Sy wou weet wat die regte konsentraat is om wurmtee aan te maak en toe te dien, en dat daar iemand in die kompleks is wat tee verkoop wat flouer aangemaak is.

Die antwoord is eenvoudig:  Daar is nie ‘n antwoord nie!  Net soos mense verskil oor die naam vir die vloeistof, net so verskil hulle oor die verdunnings resep.  As jy ‘n paar plante het wat jy tee wil gee, moet jy maar meer water bysit.  Ek het gedurende die winter net by een roosmaryn in ‘n pot, skoon ‘tee’ gegooi, en weliger kon jy aan die einde van die dag, nie elders vind nie!  Ek spog ook graag met my Woolies kwaliteit greenpepers wat ek verlede seisoen gekweek het met wurmtee.

Ek dink sy het ook gekla dat daar nie baie tee in die onderste bin verskyn nie.  Vele moontlikhede:  seisoen (winter is alles stadiger), te min gaatjies, of nie genoeg kos wat verrot en verwerk kan word nie.  Die byvoeging van droe materiaal absorbeer ook eers vloeistof tot dit versadigingspunt bereik, en begin vloeistof dan eers weer na die bodem beweeg.

Die kenners se ‘moenie natmaak nie’, terwyl ander mense glo aan natmaak.  Ek doen nie – die kondensasie in die bin is voldoende vog.  As jy wil eksperimenteer, gaan voort – dit kan egter ‘n nat gemors raak waarin jou wurms sal vrek.  Wees baie versigtig!

Hou die Landbouweekblad dop – ek merk deesdae al meer artikels oor wurms daarin verskyn!

Advertisements

5 Responses to Die tee-kwessie. Deel 2

  1. Joyce Atterbury sê:

    Baie dankie vir jou antwoord. Ek is die tannie na wie jy verwys het. Ek geniet my wurm boerderytjie terdeë.

  2. Skoor sê:

    Joyce, ek hoop jy inspireer ander rondom jou om ook die ‘groener’ pad te volg!!!

    😆

  3. Andries Horn sê:

    Hi almal! Ek verkoop die wurm tee teen R10.00 / 500ml en as jy 25l of meer neem, lewer ek vir jou af as jy in die Pretoria/Johannesburg omgewing bly. My sell nommer is:0824711495

  4. […] Die tee-kwessie. Deel 2 […]

  5. Hendrien Fouche sê:

    Goeiedag. Ek het ‘n boerdery ge-erf. Weet nou nie regtig hoe dit Werk nie. Die person by wie ek dit gekry het, groente en vrugte sommer heel ingegooi. Dit het seker nou vir ‘n maand hier gestaan. Ek het vandag besluit om die bul by die borings the pak en dit oopgemaak. Daar is 4 bins opmekaar. 3 het redelik onverwerkte groente en ander goed in asook die wurms En Dan die onderste bin wat die tee opvang. Bo-op dit is ook ‘n bin om dit toe te maak sonder enige gate. Ek het dit op ‘n sak uitgegooi. Die groente het al begin muf. En die verwerkte materiaal is ‘n papperige modder. Het dit nou uitgehaal en gemaak soos aanbeveel.. Hoop dit kom nou reg. Ek will ASB nou net weet, kan dit so op mekaar staan. Of is dit beter as dit net een een is. En as die toe bak bo-op staan. Moet ek ‘n paar gaatjies in die boonste bak wees sodat daar ventilasie is. Dankie Hendrien Fouche

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: