Die Wurmtee issue

Wurmtee is die resultaat van die verwerkte kos en papier wat in die erdwurms se boonste bin aan hulle beskikbaar gemaak word.

Hulle vreet die kos, en die reste wat hulle uitskei, is deel van die nutrientryke wurmtee wat na ‘n paar maande begin deurdrup na die tweede bin.

Hou asb. die volgende in gedagte wanneer jou bin jou frustreer en nie gou genoeg (volgens jou) tee produseer nie:

Jou bin bestaan uit papier/deklaag – enige afskeiding wat nat is, gaan eers deur die bin inhoud absorbeer word.  Voor die inhoud nie deurnat is nie, sal die water nie na die bodem van die bin loop, en deur drup nie.

MOENIE water oorgooi om die proses aan te jaag nie.  Jou inhoud raak te nat, begin vrot, en die wurms trek of vrek. 

Maak seker dat die kleine gaatjies aan die onderkant van jou bin, OOP is!  Neem ‘n swartsak en keer die bin inhoud daarin uit.  Vat ‘n tandestokkie en druk die gaatjies weer oop.  Gooi die wurms terug, en onthou, sodra die lente eers die eerste warmte deurstoot, sal die wurms meer aktief begin raak, meer vreet, en gouer aanteel.

Lekker boer!

Advertisements

5 Responses to Die Wurmtee issue

  1. Tegnies gesproke is die “vogtigheid” wat onder uit ‘n wurmplaas syfer nie wurmtee nie – Dit word “leachate” (jammer ek ken nie nie die Afrikaanse woord nie)genoem, en alhoewel dit ‘n wonderlike natuurlik bemesting is, is dit nie wurmtee nie.

    Wurmtee word “gebroei” met vermicast & suiwer water (ongeklorineerde) waardeer suurstof met ‘n vistenk lugpomp gepomp word. Seebamboes, molasse en ander middels kan bygevoeg word om die broeisel op te kikker.Die rede om suurstof deur die mengsel te pomp is om die mikroorganismis te vermeerder en hul sterker te maak.

    Nadat die mengsel vir 24 uur gebroei het stel ons voor dat die wurmtee binne 6 ure gebruik word om die volle voordeel daarvan te geniet. Na 6 ure begin die mikroorganismis te vrek, en as die wurmtee dan in ‘n houer met ‘n prop gestoor word, word die suurstof afgesny en al die mikroorganismis sal vrek. Die gevolg hiervan is dat jy dan gekleurde water wat min spoorelemente en ‘n paar minerale bevat het, wat heel moontlik met ‘n onplesierige reuk gepaart sal gaan.

    Navorsing is tans onderweg om te probeer om die “lewe” van wurmtee te verleng met die gebruik van EM tegnology, maar ons is nog ver van die kol af.

    Komentaar op hierdie onderwerp sal waardeer word.

    Groete

    Earthworm Al

  2. geckowithnotail sê:

    I am not sure how to go about the use of tea then. I am producing enough of it yet need it to accumulate for long enough until I have enough of it to apply to the veg garden. I have had 20L in a drum for 2 months now, does this mean that it is without any beneficial value now?

  3. geckowithnotail sê:

    BTW Alan, its Tor here.

  4. Farmer A sê:

    I grew Woolies quality greenpeppers last season – i just used worm tea to wet the plants. What an amazing sight!!!

    Just wet the plants as the ‘tea’ becomes available. This way you ensure max benefit.

    Or get a fishtank (or large drum with the oxy stone and a fishtank pump)

  5. […] Die Wurmtee issue […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: