Hoekom Red Wrigler Erdwurms?

Daar is baie soorte erdwurms in die grond, maar die wurm wat goed aanteel in houers, word die Red Wrigler genoem.  Die rede vir hulle gewildheid is die feit dat hulle in die boonste laag van die grond woon, werk en aanteel.  Daarom verdubbel hulle in getal elke drie maande, en moet hulle gou aanteel, omdat die natuurlike vyande hulle makliker kan bykom in die meer gewaagdheid van hulle habitat.

 

Hierdie wurms is rooier van kleur op die lyf as die bekende vaal erdwurm in ons tuine, en het ‘n gelerige kleur aan die punt, waar sy mond is.  Waar tuin erdwurms tonnels diep onder die grondoppervlak het, en net hopies grond na bo stoot, beweeg hierdie Red Wriglers graag horisontaal en wat voor ingaan, kom vinnig agter uit!

 

Die volwasse Red Wrigler is tussen 5cm en 10cm lank, met ‘n saaltjie, wat seksuele volwassenheid aandui.  Hulle kan temperatuur uiterstes weerstaan, mits daar effe meer aandag aan hulle gegee word in erge uiterstes.  Optimum temperatuur vir teel en behoorlike verwerking van bin inhoud, is om en by 27 grade celcius. 

 

Wanneer temperatuur uiterstes ondervind word, is dit beter om die bin bedags binneshuis te hou, en NOOIT in direkte sonlig te laat staan nie.

 

Indien die bo-kant van die bin behoorlik geisoleer is, sal kondensasievorming verseker dat die bin inhoud vogtig en heerlik is vir die wurms.  Dis dalk nodig om ‘n swart vuilgoed sak bo-op die bin inhoud te sit, sodat die kondensasie proses vinniger is.  En om te verseker dat minder vog kan ontsnap, veral in die somer.

 

Om die bin inhoud vinniger verwerk te kry, het jy twee opsies – sny dit aansienlik kleiner voor jy dit in die bin inhoud begrawe, of maak dit gaar.  Laasgenoemde proses maak ook enige vrugtevlieg larwes en ander gogga eiers dood.  Sorg dat die kos heeltemal afgekoel is voor dit ingesit word.

 

Begrawe die kos net onder die oppervlak van die bin inhoud.  Sodoende is dit maklik vir die wurms om in die donker te vreet, en dit is nie heeltyd aan die oppervlakte en suurstof blootgestel, wat weer tot slegte reuke kan lei nie.

 

‘n Lepel gaar, afgekoelde mieliepap gee die wurms ekstra woema.  Hulle verteer dit vreeslik gou, en groei en teel teen ‘n wilde spoed aan.  Nie te veel nie – dit raak gou suur.

 

Moet NOOIT sitrus, uie, knoffel, gemmer of pynappel insit nie.  Dit sal die wurms laat vrek of trek.  Hulle hou ook nie van ou brood, pasta of vleis nie.  Laasgenoemde sal maaiers tot gevolg he in jou bin.  En jy wil nie met brommers boer nie!

 

Gooi ‘n handvol skoon tuingrond in die bin – daar moet netnie slakpille residue in wees nie!!! Grond help met hulle vertering van kos. Droe perdemis of beesmis is ook ‘n wenner, maar NIE hoendermis nie – die amoniak sal massa vrektes tot gevolg he.

 

Klam, opgeskeurde pizzabokse is ‘n goeie nesmaak plek vir wurms.  Begrawe gereeld stukke boks in die bin inhoud.

Advertisements

5 Responses to Hoekom Red Wrigler Erdwurms?

  1. Wim van Rensburg sê:

    Waar kan ek van die wurms kry?Ek bly in Bethal.

  2. […] Hoekom Red Wrigler Erdwurms? […]

  3. Rudi du Toit sê:

    Waar kom die Red Wrigler vandaan?
    Wats se land of distrik
    Groete

  4. michael barnard sê:

    Is red Wrglers en karieba wurms die selfde ding of is dit n ander soort wurm.

  5. Johann sê:

    Kan ek bees pens mis aan die wurms gee.? Nie bees mis nie, PENS MIS?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: