Vrae en Antwoorde…

Goeie dag, my naam is willie viljoen 

Ek benodig meer inligting oor hoe om my erdwurm stokperdjie te vergroot en het jou blog gelees maar ek verstaan nog nie die hele bin situasie nie, ek verstaan die wurm tee word opgevang in die onderste bin, ek het huidiglik 3 bins en wil hulle opmekaar pak maar is nie seker hoe om te werk te gaan nie, ek het sowat 2500 wurms op die oomblik.

Wat ek nie verstaan nie, as ek die 3 bins op mekaar sit, plaas ek in elke bin koerant papier met grond? 

Jy doen, ja – sodat al die wurms in al die bins dieselfde behandeling kry! 

Sit ek in elke bin n klomp wurms, of net in een spesikieke bin?

 Jy sit wurms in beide bins. 

 Moet ek die pampoen ook in elke bin sit of net in die boonste een?

Jy sit kos in al die bins waar wurms is.

 Moet ek n bietjie kompos in elke bin sit of net grond met die koerant papier?

Die hoofitem is die geskeurde koerantpapier.  Jy moet net so ‘n paar hande grond oorsprinkel.  Dis ook heerlik vir hulle om teesakkies te ontdek – rooibos verkieslik.  Hulle paar en le eiers hierin.

 Sou ek die houers in my garage sit, moet ek eenkeer per week water byvoeg of sal daar genoeg vog in die bins wees?

Jy voeg nooit water by nie.  Wanner die koerantpapier geskeur is, week jy dit in water, droog dit uit, skud dit los in die bins.  Die groenteskille en ander toevoegings is klam, en kondensasie vind binne-in die bins plaas.

Hoeveel grond moet ek in elke bin sit, moet dit soveel grond wees, dat wanneer ek die volgende bin opsit dat dit teen die bodem vasdruk of nie?

Wanneer jy die twee bins op mekaar sit, is daar ‘n gedeelte wat ‘oop’ is tussen die boonste bin en onderste bin se bodem.  Dis die gedeelte wat jy vul met koerantpapier, potgrond en kos.  Dis letterlik 3 hande vol potgrond wat jy strooi.

 Kom ek verduidelik net hoe my stokperdjie huidiglik werk, ek het n gat in die grond gemaak( sommer in my tuin) en dit uitgele met swart grond seil, ek het klein gaatjies in die seil gemaak vir dreinering.

Ek het n mengsel van 1 deel grond op 2 dele kompos gemeng en in die gat gegooi en my wurms daarin gesit, ek het n hout bord gevat en boo or die gat geplaas vir donkerte en vir die voels om weg te bly. Ek hoop nie ek oorvoer my wurms nie maar ek gooi so elke 2 weke  sowat 6 patats gehalveer daarin plus 4 butternut gehalveer, ek maak dit nie gaar nie, ek gooi dit net so rou in die gat.

Die rede hoekom ek die bins wil gebruik is dat ek n dreinerings probleem het en die gat waarin my wurms is, te vogtig is, en met die reen wat ons die naweek ontvang het was my hele tuin onder 1 voet water.

 Ek het al die inligting  direk van u af nodig sodat ek hierdie stokperdjie kan red en nie te veel verloor nie, ek wil ook nou grootskaal gaan want ek het n afset plek vir wurms en moet kan produseer met sowat 1000 wurms per week in kleiner hoeveelhede van 70 wurms per bakkie, dit is seker nou nie so groot nie maar hoe groter die besigheid hoe beter vir my want dank an ek voorsien.

Dis beter dat jy hulle so gou moontlik uit die gat kry – hulle het heel moontlik al die dreineringsgate gevind en laat spaander! 

 Ek het n vreemde vraag, onder die regte omstandighede en met gesonde bins, hoe lank vat dit vir n 1000 worms om te vermeder na 2000 wurms.

Ek self het nognie gemonitor wat die aanteling van die wurms in getalle is nie, maar ek kan jou verseker, onder die regte omstandighede, en veral met somer wat nou aankom, gaan jy sien dit raak bondels wurms na ‘n tyd.

 Ek hoop regtig dat u my sal kan help

Groete willie viljoen

Pretoria noord   

Dis altyd ‘n goeie plan om van jou huidige bin inhoud, in jou geval, die kompos gat inhoud, in jou nuwe bins te sit, sodat die wurms ‘tuis’ voel, en nie deur aanpassing stress geraak word nie.

Jy kan ook gekookte eiers se doppe baie fyn maak (gooi dit in ‘n sakkie en slaan aanhoudend met ‘n bottel se agterkant totdat dit bitter fyn is) en in die bin gooi.  ‘n Leksel heuning ‘kalmeer’ ook die gemoedere daarbinne.  Al hierdie dinge doen mens maar om ‘n gesonde nageslag te verseker.  En ‘n butternut op sy tyd is koning vir die wurms.

 Lekker boer!

Advertisements

18 Responses to Vrae en Antwoorde…

  1. Bets Fourie sê:

    Indien enige iemand my kan help met kontak besonderhede van Willie Viljoen van Pretoria Noord sal dit opreg waardeer word. Ek woon in East Lynn Pretoria en wil graag met hom kontak maak.

    Byvoorbaat dankie

    Bets Fourie

  2. Goeie dag, ek het nou die jaar begin om patats te plant, op my manier het ek dit regekry dat die patas baie mooi groei, maar ek het nie inligting tot my beskikking om vir my te kan se wanneer die patats reg is om ge-oes te word nie.Die plant groei mooi gesond en daar is nie enige siektes opmerklik nie. ASSEBLIF ! Kan julle my met die inligting heip, as ek suksesvol is met dit, dan gaan ek weer plant. Dankie.

  3. johan sê:

    Vir hoeveel moet mens die wurm tee verkoop aan die mense

  4. Johan sê:

    Dit hang af hoe sterk die tee is. 300ml vir R15 en kan 1 tot 10 verdun word.

  5. Johan sê:

    Om miere weg te hou gooi cayenne pepper om julle kaste waar die wurms in is.

  6. Esther sê:

    Hi
    Ek bly in George, waar kan ek erdwurms kry?

  7. pieterventer sê:

    pieterventer.pv@gmail.com ek het n klein apie wat ek meel wurms moet voer ek wil met net n klompie teel

  8. pieterventer sê:

    ek wil meel wurms teel

  9. Elza van wyk sê:

    Ek woon in Umhlanga en my wurms word kort kort te nat.Ek gee geen water nie en dit staan onderdak.Wat kan ek doen? Elza

  10. Ek bly in Walvis bay en en het knopies sknoppie spinnekoppe in my ederwurms wat hulle opvreet? wat moet ek maak? dankie

  11. Farmer A sê:

    Lina, jy sal maar handskoene moet aantrek en die spinnekoppe verwyder. Gif gaan al jou wurms vernietig!

  12. Farmer A sê:

    Elza, sorg dat jou bins dreineringsgate het en gebruik die water op jou plante.

  13. Wanda sê:

    Kan enige persoon my se van watter vrugte en groente hou ertwurms die meeste ?

  14. Wanda sê:

    Ek wil ook weet teen watter prys verkoop mens hulle. Is dit per wurm of per 10 of hoe kan ek hulle verpak en wat vra ek dan daarvoor

  15. Alwyn Pieterse sê:

    Ek sien bo in die bin op die pampoen is iets wat lyk soos n ligte kleur (room kleur klein duk wurms) , moet ek dit verwyder? Wat is dit? Asb. antwoord my spoedig. Ek is bang dit kan my bin met erdwurms beskadig. Dankie. My epos : snackmn@gmail.com of 0828338566

  16. duplesdm sê:

    Dit is die eerste keer dat ek op hierdie webblad afkom en ek is sommer baie beindruk. Ek boer al baie jare met erdwurms en het ook saam met Charl Pienaar van die Paarl ‘n boek geskryf: Goodbugs Little Workers: Using earthworms to make super vermicompost. Dit is nou wel in Engels, maar dit is ons Afrikaans-sprekendes se “eenvoudige” Engels, met baie foto’s en sketse. Die boekie van 70+ bladsye is nie meer in druk nie weens die hoe koste daarvan. Dit is beskikbaar op CD of op Dropbox. Kontak my gerus op dora@goodbugs.co.za – ek is ook die Vrystaat se verteenwoordiger op die Earthworm Interest Group of South Africa. Lidmaatskap (EIGSA) is gratis.

  17. Martin sê:

    Ek het n drakie persent gekry met hok,maar ek het agtergekom dat die voer vir hom te duur vir my uitwerk,ek wil ook nievanhom ontslae raak nie.Ek wil graag meelwurms teel maar het nie n iedee hoe nie,asb kan iemand help

  18. Louis sê:

    Waar gaan verkoop julle die wurms

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: