Goeie dag, my naam is willie viljoen
Ek benodig meer inligting oor hoe om my erdwurm stokperdjie te vergroot en het jou blog gelees maar ek verstaan nog nie die hele bin situasie nie, ek verstaan die wurm tee word opgevang in die onderste bin, ek het huidiglik 3 bins en wil hulle opmekaar pak maar is nie seker hoe om te werk te gaan nie, ek het sowat 2500 wurms op die oomblik.
Wat ek nie verstaan nie, as ek die 3 bins op mekaar sit, plaas ek in elke bin koerant papier met grond?
Jy doen, ja – sodat al die wurms in al die bins dieselfde behandeling kry!
Sit ek in elke bin n klomp wurms, of net in een spesikieke bin?
Jy sit wurms in beide bins.
Moet ek die pampoen ook in elke bin sit of net in die boonste een?
Jy sit kos in al die bins waar wurms is.
Moet ek n bietjie kompos in elke bin sit of net grond met die koerant papier?
Die hoofitem is die geskeurde koerantpapier. Jy moet net so ‘n paar hande grond oorsprinkel. Dis ook heerlik vir hulle om teesakkies te ontdek – rooibos verkieslik. Hulle paar en le eiers hierin.
Sou ek die houers in my garage sit, moet ek eenkeer per week water byvoeg of sal daar genoeg vog in die bins wees?
Jy voeg nooit water by nie. Wanner die koerantpapier geskeur is, week jy dit in water, droog dit uit, skud dit los in die bins. Die groenteskille en ander toevoegings is klam, en kondensasie vind binne-in die bins plaas.
Hoeveel grond moet ek in elke bin sit, moet dit soveel grond wees, dat wanneer ek die volgende bin opsit dat dit teen die bodem vasdruk of nie?
Wanneer jy die twee bins op mekaar sit, is daar ‘n gedeelte wat ‘oop’ is tussen die boonste bin en onderste bin se bodem. Dis die gedeelte wat jy vul met koerantpapier, potgrond en kos. Dis letterlik 3 hande vol potgrond wat jy strooi.
Kom ek verduidelik net hoe my stokperdjie huidiglik werk, ek het n gat in die grond gemaak( sommer in my tuin) en dit uitgele met swart grond seil, ek het klein gaatjies in die seil gemaak vir dreinering.
Ek het n mengsel van 1 deel grond op 2 dele kompos gemeng en in die gat gegooi en my wurms daarin gesit, ek het n hout bord gevat en boo or die gat geplaas vir donkerte en vir die voels om weg te bly. Ek hoop nie ek oorvoer my wurms nie maar ek gooi so elke 2 weke sowat 6 patats gehalveer daarin plus 4 butternut gehalveer, ek maak dit nie gaar nie, ek gooi dit net so rou in die gat.
Die rede hoekom ek die bins wil gebruik is dat ek n dreinerings probleem het en die gat waarin my wurms is, te vogtig is, en met die reen wat ons die naweek ontvang het was my hele tuin onder 1 voet water.
Ek het al die inligting direk van u af nodig sodat ek hierdie stokperdjie kan red en nie te veel verloor nie, ek wil ook nou grootskaal gaan want ek het n afset plek vir wurms en moet kan produseer met sowat 1000 wurms per week in kleiner hoeveelhede van 70 wurms per bakkie, dit is seker nou nie so groot nie maar hoe groter die besigheid hoe beter vir my want dank an ek voorsien.
Dis beter dat jy hulle so gou moontlik uit die gat kry – hulle het heel moontlik al die dreineringsgate gevind en laat spaander!
Ek het n vreemde vraag, onder die regte omstandighede en met gesonde bins, hoe lank vat dit vir n 1000 worms om te vermeder na 2000 wurms.
Ek self het nognie gemonitor wat die aanteling van die wurms in getalle is nie, maar ek kan jou verseker, onder die regte omstandighede, en veral met somer wat nou aankom, gaan jy sien dit raak bondels wurms na ‘n tyd.
Ek hoop regtig dat u my sal kan help
Groete willie viljoen
Pretoria noord
Dis altyd ‘n goeie plan om van jou huidige bin inhoud, in jou geval, die kompos gat inhoud, in jou nuwe bins te sit, sodat die wurms ‘tuis’ voel, en nie deur aanpassing stress geraak word nie.
Jy kan ook gekookte eiers se doppe baie fyn maak (gooi dit in ‘n sakkie en slaan aanhoudend met ‘n bottel se agterkant totdat dit bitter fyn is) en in die bin gooi. ‘n Leksel heuning ‘kalmeer’ ook die gemoedere daarbinne. Al hierdie dinge doen mens maar om ‘n gesonde nageslag te verseker. En ‘n butternut op sy tyd is koning vir die wurms.
Lekker boer!