Vermikultuur – voor dit bekend geraak het.

erdMeneer Kallie Snyman het ‘n inset by die blog kommentare gelewer, en ek het hom genader om kortliks sy ervaring te deel.  Dankie mnr. Snyman dat jy ingestem het dat ek jou skrywe hier kan plaas. 

“Ek het my gewese projek destyds onder skadunet in die tuin op ons kleinhoewe
(landgoed/plot)  aangehou in ‘n sement trog wat teen ‘n klein skuinste uitgelê is om water vloei te bevorder. 

Aan die diep kant was daar ‘n uitlaat ingebou om reën water te beheer. 

Op aanbeveling van my konsultant van PU virCHO het ek hulle net beesmis gevoer. Die beesmis het ek Saterdae in die omgewing met die kruiwa gaan haal. Dit was lekker droog en vry van urine vog.  Sommer met die graaf het ek die mis fyn gemaak en stelselmatig soos die wurm populasie uitgebrei het,  bygevoeg. 

Verder het ek gesorg dat die vog gehalte altyd lekker voldoende was met sproeiers (soos wat ek in Franshoek gesien het). 

In Mafikeng waar ons bly is die temparatuur uiters geskik vir die teling en aanhou van die wurms. Ons beste mark vir die vermikompos was oggend markte omdat handelaars nog nie op daardie stadium die idee gekoop het nie. Reklame het gekom van kerk bazaars. 

Ons het lekker vriende gemaak want in die tuinbou kader is daar net mense wat omgee vir Moeder Natuur.

My makoue het lekker ge-eet aan die wurms ons Sondae het ons lekker ge-eet
aan hulle.” 

Gaan ook na google, en tik ‘landbouweekblad’ in.  Op die Landbouweekblad se webwerf, doen jy ‘n soek vir ‘erdwurms’ en lees aan die interessante, insiggewende artikels wat daar verskyn.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.