Erdwurm Boerdery Tuis – ‘n eenvoudige opsomming

Wurm boerdery is regtig een van die maklikste dinge om van die grond af te kry.  Indien jy dit op klein skaal aanpak, let op die volgende feite:

 

  • - Jy sien nie resultate binne 2 weke nie!
  • - Jy gaan nie geld maak hieruit as jy dit op klein skaal doen nie. Dus is dit ‘n erwurm1stokperdjie. Tensy jy baie spasie het om hierdie in ‘n volskaalse boerdery te omskep.
  • - Hierdie erdwurms is NIE die ou vales wat in ons tuine is nie – dit is rooi wurms wat vinniger werk om voedsel af te breek en grond ‘gesond’ te maak. Moenie jou tuin erdwurms gaan vang en op hok sit nie – hulle sal dit nie maak nie!

 

Om ‘tuisterapie’ gratis te kry, begin jou wurmboerdery as volg:

 

  • - Koop 2 bins. Dit moet swart wees. Plastiek bins met deksels is te kry by hardeware winkels, plastiek winkels, of Game en Pick ‘n Pay.

 

  • - Wormeries adverteer bins en wurms, wat wonderlik is as jy nie ‘n vaardige persoon is nie. Dan kan jy die ekstra geld betaal, en die volledige sisteem kry.

 

  • - In een bin boor jy die kleinste gaatjies wat jy kan – al op die bodem langs. Pas jy die twee bins in mekaar, en daar waar die boonste bin ‘n gedeelte het wat nie toegemaak word deur die onderste bin nie, boor jy gaatjies vir lugbeweging deur jou wurm vesting.

 

  • - Sit twee velle koerantpapier op die bodem van jou wurm bin. Die onderste bin is om eventueel die ‘wurm tee’ in op te vang. Ook wurms wat ‘ontsnap’, beland gewoonlik in die onderste bin, en kan dan weekliks gered, en teruggegooi word.

 

  • - As jy ‘n papershredder tot jou beskikking het, shred koerantpapier. Anders moet jy dit in lang, dun repe opskeur. Hoe dunner die repe, hoe gouer werk die wurms hulle weg daardeur.

 

  • - Week die koerante in water, druk die water uit, maak die koerant bollings los van mekaar, en gooi in die bin. Maak die bin so byna ‘n kwart vol koerant skeursels.

 

  • - Neem ‘n paar hande klam grond, en sprinkel dit bo-oor die koerantpapier.

 

  • - Wurms is gek oor teesakkies. Koffie moer vind ek persoonlik te sterk, daarom hou ek by teesakkies. Rooibostee se blare en stokkies maak heerlike speelplek. Hou die sakkies na elke tee sessie eenkant, en as jy ‘n handvol het, spoel dit onder die kraan uit (verwyder enige melk wat saamgekom het uit die koppie) en begrawe dit so effe in die koerant laag. Die wurms baljaar daar, en jy sal sommer eiers ook vind na ‘n tyd.

 

  • - Bins moenie in direkte sonlig staan nie – die wurms is nie saunas gewoond nie. My een bin staan binne die huis, sonder ‘n reuk van ‘n soort!

 

  • - PASOP vir kos. Die beste is om groentes in die mikrogolf gaar te maak, en dit heeltemal te laat afkoel voor jy dit in die middel van jou bin begrawe. Ek gee my wurms tans so een maal in twee tot drie weke ‘n lekker butternut wat in skywe gesny is, en deur die mikro gaargestoom is. Te veel kos in die somer veroorsaak ‘n gistingsproses en ‘n stank wat vlieë lok.

 

  • - Kyk hoe vinnig hulle die groente verwerk, en voer hulle daarvolgens. ‘n Lys van kos waarvan hulle hou, is op my blog (adres verskyn onder-aan die artikel)

 

  • - Een maal ‘n maand gaan ek met skoon hande in en werk die dinge effe deurmekaar. Net sodat die verwerkte inhoud nie kompakteer nie. Dit is ongelooflik hoeveel wurm eiers, babatjies en reuse wurms te vind is in die bin na ‘n tyd.

 

  • - Vat versigtig aan die wurms, moenie bang wees nie, die laaste ou wat opgevreet is deur ‘n erdwurm, se Hollywood fliek het nie eens die silwerdoek gemaak nie – dit is sommer reguit video rak toe! Gril bietjie, haal asem, en vat aan jou diere. Touch Therapy in Progress…

 

  • - ‘Wurm tee’ verskyn nie oornag nie. Dit word stelselmatig bodem toe gestuur met die ontbinding en verwerking van die bin inhoud en uitskeidings van die wurms. Ook die nutriënte van die groente en vrugte wat in die bin lê en kompos word, se sappe kom uiteindelik in jou onderste bin te lande. My eerste voggies het eers na 3 maande geland! Moenie ongeduldig raak nie.

 

  • - Soos die wurms die beddegoed deurmekaar woel en laat opbreek, kan jy nog koerant en bietjies grond byvoeg om die organiese proses gelukkig te hou en die wurms werk te gee.

 

  • - Hulle klouter soms teen die kante uit – ek tel hulle versigtig met ‘n tandestokkie op en gooi hulle terug op die beddegoed. Een maal ‘n week kyk ek vir verdwaaldes in die onderste bin. Ek sorg dat daar so ‘n repie koerant in die ‘vang bin’ is indien ‘n wurm wanderlust gekry het, en tydverdryf soek.

 

  • - Ek stuur elke keer wanneer ek iets in ‘n pot vestig of ontkiem, ‘n wurm of 5 ‘met vakansie’. Hulle kry die geleentheid om buite die bin hulle taak te verrig, en wanneer die plant klaar gedra of geblom het, of uitgeplant word, is dit terug bin toe met die wurms (en enige nuwelinge)

 

  • - ‘Wurm tee’ is geweldig ryk aan voedingstowwe. Gooi die vloeistof af, en voeg water by. 2 Dele water, teenoor een deel wurm tee. Maak jou huisplante of troetelplante daarmee nat. Die resultate is duidelik sigbaar na ‘n ruk.

99 Responses to Erdwurm Boerdery Tuis – ‘n eenvoudige opsomming

  1. Susan O'Neil says:

    Baie dankie vir die inligting.
    Ek het sowat ‘n maand gelede begin, met my tuin se eie erdwurms, en het reeds van die tee in my plante gegooi, en een plant want sover nog nie wou blom nie, maak skielik ‘n klomp knoppe. Ek glo natuurlik dat dit die erdwurmtee is wat dit veroorsaak het.

  2. Farmer A says:

    Mensig! Ek dink jy maak geskiedenis…

    Ek is vertel dat jy nie tuinwurms so kan aanhou nie, en dat hulle sou vrek. Nou bewys jy my raadgewers verkeerd.

    Jip, daardie blomme blom omdat die voeding ewe skielik voldoende is.

    Weet jy dat ek al pampoenpitte in daardie duisternis van die bin ontkiem het. Ten spyte van die donkerte, het die pitte ontkiem, omdat hulle voete in goud was! Ek het ook onlangs boerbone so ingedruk, ontkiem en toe uitgeplant.

  3. Wihan Viviers says:

    Ek het die adres van die erdwurm boerdery in Blouberdstrand verloor, kan iemend my help?

  4. Stephen Delport says:

    Dit is net jammer so min mense steur hulle aan die doepa

  5. Jaco says:

    Ek sien jy se daar is ‘n lys van wat se kos hulle verkies op jou blog, maar die adres van die blog is nie onder aan die artikel nie kan jy hom asseblief gee!!

  6. Farmer A says:

    Stephen, dis ons taak om mense in te lig en op te voed. Alles wat nuut is, is vreemd vir die buitestander. Maak mense bewus, en sien hoe dit ‘n fokuspunt word.

    Jaco, hallo! Oral op die blog, in posts, word daar na groentes bv. butternut verwys. Skille, teesakkies, veral rooibos en vrugte, is maar die stapelvoedsel van die outjies.

    Moenie bang wees om te eksperimenteer nie. Lees die hele blog deur, en jy sal al jou antwoorde kry. Ook op potensiele vrae, maar jy is ALTYD WELKOM om dit hier te vra. Herhaling kweek bewustheid!

    Groete

  7. Annelize Heyneke says:

    Kan iemand dalk met ‘n bietjie praktiese raad help. Ek wil die wurm boerdery op ‘n redelike groot skaal aanpak want ek doen spyseniering en het baie meer as die gewone kuimbuisafval-ook ‘n groot tuin met baie tuinafval. Die vraag is: watter soort houer(s) sal geskik wees?

  8. farmer A says:

    Annelize, probeer by ‘n plastiek winkel soos Plastics for Africa uitkom – mens kry gewoonlik houers van alle groottes daar. Jy klink nie of jy ‘n spasie probleem het nie, wat jou opsies eindeloos maak!

  9. Piet Pens says:

    More Almal,

    Boer nou al twee jaar. Gebruik ‘n halwe 210Lt drom en ou ammunisie kiste (plastiek). Het begin met potting soil en kompos. Voer my wurms mieliemeel, aangemaak met water – moet baie loperig wees, maak ‘n sloot in die grond en gooi dit daar in, maak toe met die grond. Sal verbaas wees hoe vinnig hulle aanteel in die mieliemeel. Paw – paw (verskoon die Afrikaans)is ook ‘n wenner.

    Lekker boer.

  10. Marcell says:

    My erdwurms het die lewe verlaat. Ek was mos slim toe gee ek hulle perdemis. Nou het ek niks oor nie. Lekker stupid gewees. Waar kan ek in GP erdwurms koop.

  11. Skoor says:

    Marcell kyk by “Where to buy your worms and bins” hier bo-aan die blad. Daar is 2 kontak persone.

  12. Louis Faurie says:

    Kan iemand my beduie hoe die eiertjies lyk asseblief?

  13. Skoor says:

    Louis, neem ‘n hand vol wurmgrond, en kyk daardeur. Iewers gaan jy sulke vaal geel-groen ronde balletjies sien, net effe kleiner as ‘n vuurhoutjie se koppie. Dis die eier.

  14. Christine says:

    Ek boer nou al 1 1/2 jaar met wurms en het derduisende troetelwurms.(Ek het met ‘n duisend begin) Siende dat my man espresso masjiene en koffiebone invoer, kry my wurms baie koffiemoer en hulle boer vooruit. Ek gee vir hulle rou en gekookte groente/slaai/vrugte skille en blits dit met die hand blender sodat hulle minder werk het. Ek wou nie eens saam met my man oorsee gaan Junie vakansie nie, want ek wou nie die wurms alleen los nie, maar het toe op die ou end. Ek het net ‘n heel slaai in 8 stukke gesny en hulle was heeltemal OK vir die 3 weke.

  15. Manie Smit says:

    Help met die vestiging van ‘n erdwurm boerdery. Hoer Landbouskool Boland. Manie Smit. Tel 0726360284 Ons benodig iemand naby wat ‘n kundige is en ons plek kan deurkyk en van raad bedien. 20 seuns sal die projek bedryf. Dringend.

  16. Farmer A says:

    Volgens Frans Pieterse, die man wat my belangstelling in vermikultuur geprikkel het, is die kundige kenner op die gebied, Hennie Eksteen. Mail hom by hennie@affmech.com

    Hoop dit help Manie – en nooi my as julle up and running is!

  17. Farmer A says:

    Christine, ek dink jou wurms boer vooruit omdat die koffiemoer hulle so optjaarts, daar is nie rustyd in die bin nie! Dankie vir die info.

  18. Corrien Rousseau says:

    Help asseblief. Ek het erdwurms in my tuin, naby konifere wat gewoonlik hier by ons altyd behandel moet word. Sal die wurms vrek as ek die konifere gereeld met Insecticide Granules behandel?

    Dankie vir die info.

  19. Hi Corrien

    Insecticide granules sal beslis die wurms in jou tuin of wegjaag of vrek maak. Moet asb NIE die daardie gif gebruik nie – wurms is deel van ons oorlewing.

    Probeer hierdie ou tuisgemaakde resep en laat weet hoe dit werk.

    1 medium knoffelbol

    2 lt. water

    1 medium ui

    1 eetlepel rooi peper

    Halwe eetlepel opwasmiddel

    1) Kap die knoffel & ui fyn
    2) Meng die knoffel, ui, rooipeper & water
    3) Laat staan vir 2 ure
    4) Voeg die seep by en meng goed
    5) Laat staan vir 1 uur

    Spuit op plante.

    Die mengsel sal vir 1 week effektief wees as dit in die yskas gehou word

    Groete

    Earthworm Al

  20. Farmer A says:

    Alan, presies waarvoor word hierdie resep aanbeveel?? Miskien kan meer van ons hierby baat.

  21. Dene Van der Merwe says:

    Ek het n groot swart vuilisdrom wat ek beplan het om vir wurms te gebruik. Sal dit kan werk? Het onlangs met groente tuin begin en wil wurms in tuin gebruik. Waarvoor kan dit nog aangewend word?

  22. Skoor says:

    Dene, ‘n diep vuiligoed drom is nie regtig die beste opsie nie, eerder ‘n bin tipe houer.

    Daar moet ook gate aan die onderkant wees waaruit die tee kan loop, anders bou jy ‘n graf vir jou wurms.

    As daar nie ‘n tweede drom is om wegdwaal wurms en tee op te vang nie, verloor jy beide.

    Die tee gebruik jy om jou huisplante of buite plante mee te voed.

    Sterkte

    NS: pasop vir die hadedas met hulle lang snawels – hulle is mal oor duur erdwurms :lol:

  23. Farmer A, Die ou resep is ‘n algemene organiese insektedoder. Ek het goeie resultate gehad in my hele tuin – grasperke, blomme, groente & bome. Dit is ook veilig om naby kinders & diere te gebruik.
    KOM ONS MAAK ONS OMGEWING CHEMIKALIEEVRY

  24. Michael says:

    weet iemand nie dalk waar in die Middelburg(mpumalanga) kan ek erdwurms koop nie?

  25. werner says:

    Ek wil graag net die volgende weet indien ek met erdwurm boerdery wil begin, naamlik:
    1.Waar koop ‘n mens die erdwurms. Ek bly in George-Suid Kaap.
    2.Waar verkoop ‘n mens die erdwurms.
    3.Hoe winsgewend is die tipe boerdery.

    Terugvoering word waardeer. Baie dankie

  26. Skoor says:

    Werner, ek stel voor jy kyk watter verskaffer die naaste aan jou is – op die ‘Where to buy…’ blad op die blog.

    En dan bespreek julle hoe om dit by jou te kry. Koerier of ander geleentheid.

    Jy adverteer op hierdie blog (en raak die enigste verskaffer in jou area) en die plaaslike koerant. Baie verkoop deur word of mouth.

    Dis slegs winsgewend as jy groot gaan. Maar die beste is om ‘n paar bins te koop, en daarvandaan jou boerdery uit te bou as wat jy ‘n plaas vol wurms aankoop en jou ore van jou kop betaal.

  27. Nina says:

    Ons is van De Aar in Noord-Kaap. My dogter doen haar EKSPO taak oor erdwurms en die voordele daarvan. Ons het ‘n glasbak laat bou (vir foto doeleindes) – gaatjies in die onderkant geboor, glasbak binne in plastiekbak vir dreinering, wurms & grond binne in glasbak , met ‘n kartonboks bo-oor. Sal ons binne ‘n maand resultate sien? Ons het 500g wurms bestel en ingesit, maar hulle was nog klein – lyk tog of hulle groei. Enige hulp sal baie welkom wees! Baie dankie

  28. Skoor says:

    Nina, die resultate met groot wurms in die bondel, is eers sigbaar na 3 maande, so ek is bevrees die klein wurms gaan effe langer neem.

    Die sigbaarheid in ‘n glasbak sal nie so goed wees nie, aangesien wurms wegskram van die lig.

    Sy moet maar ‘n deeglike verduideliking in haar ekspo insluit.

    Lekker boer!

  29. ronelle hazyview says:

    aan werner by geopge,was so 2weke terug met vakansie by plett.het die boeremark by sedgefield besoek en daar my wurms gekoop teen R150.00 nemmertjie.mark is elke week oop saterdae tot 12.00.voer my wurms koerantpapier ,teesakkies en veral beesmis,wat ek optel op ons hoewe.tot dusver floreer hulle,en val onder kategorie :ma se kinders.groete ronelle .

  30. NICO says:

    Ek bly naby Lanseria op n plaas met mooi groente tuin en baie grond en water, wil met erdwurms begin boer grootskaal. Waar kan ek die beste wurms koop?Erdwurm groete.

  31. Lian Haasbroek says:

    Hallo
    Wil graag met my eie boerdery begin, help asb.
    -Watter tipe grond en hoeveel moet daar per bin wees?
    -Hoe grot is die bins waarva julle praat?
    -Is daar ‘n wurmboer in Potchefstoom waar ons wurms kan aankoop?
    -Hoeveelheid wurms is daar in ‘n bin?

    Ek hoor graag van julle.
    Groete Lian

  32. skoor says:

    Lian, ek gebruik net ‘n handvol potgrond.

    Pasop vir grond uit jou tuin, veral as jy gif spuit of slakpille gooi.

    Jy kan met enige bins eksperimenteer, die keuse is wyd, solank dit swart is.

    Kyk op die ander bladsy op die blog, “where to buy your bins” en sien wie naby jou is om wurms te kry.

    Lekker boer!

  33. Lian Haasbroek says:

    Hi julle. Wil net sekerheid kry, wat het die onderste bin in? (moet daar ook soos die boonste bin koerantpapier en grond in wees)

  34. skoor says:

    Nee Lıan, dıe bın ıs leeg en vang net tee en wegloop wurms!

  35. Lian Haasbroek says:

    Hi julle, wil net weet of mens enige tee sakkies vir jou wurms kan gee?

  36. Skoor says:

    Die beste is rooibos wat uitgespoel en uitgedruk is na gebruik. Engelse tee is baie kompak, en muf gou in die kern, terwyl rooibos uit klein stokkies bestaan wat die wurms heel tuis laat voel.

  37. Lian Haasbroek says:

    Ek het vandag my eerste wurms gekry! Wil net ‘n paar dinge uivind:
    1. Is 1kg wurms nie te veel vir ‘n 45L bin nie?
    2. My bin bestaan uit twee derdes potgrond en’n derde koerantpapier. Wat moet ek nog bysit?
    3. Wanneer moet ek begin kosgee en is sout in kos goed vir die wurms?

    Dankie vir al die raad.
    Lian

  38. Skoor says:

    Lian dis nie te veel nie.

    Sit altyd meer papier as potgrond in. Jy kan letterlik ‘n hand of twee potgrond oor sprinkel. Dis net vir die spysverteringstelsel.

    Moenie met sout lol nie. Jy gaan lelike dinge laat gebeur. Vars groente en vrugte het mos nie sout op nie.

  39. Annette says:

    Hi Almal,

    Ek het nou met my eie wurm besigheid begin, maar het hulp nodig van al julle slim mense.

    Ek wil graag by die markte in die omgewing verkoop, maar is glad nie seker wat is die maklikste en die beste en natuurlik die mees streslose manier om die wurms te verkoop op sulke markte?

    Moet ek hulle vooraf verpak? En indien hoe lank voor die mark sodat hulle darm gemaklik en tuis is in hulle nuwe (kleiner) houertjie? Sit ek net “bedding” in die houertjie (papier snippers, bietjie vermikompos, en klein bietjie pampoen)? En na die mark gooi ek die wat oor gebly het terug in my groot houers en begin die proses van vooraf? Ek het op een website gesien hulle hou hulle wurms in emmers vir tot 8 weke! Die emmers word gedateer en dan het die “oudste” emmers so bietjie meer wurmpies want daar is nou kokonne ook by. Maar nou wonder ek oor suurstof en vog wat opbou?

    Asb enige raad sal ek baie wardeer.
    Annette

  40. NICO says:

    Ek kyk angstig vir pos maar ontvang nie meer, wat moet ek doen?

  41. Ciebella Engelbrecht says:

    Ek woon in Wolmaransstad waar is die naaste plek waar ek erdwurms kan koop?

  42. Patrys says:

    Ek wil net graag weet wat hulle gevoer kan word om te eet. Baie dankie

  43. Alan Schatz says:

    Ek is ook verbaas dat Susan tuinwurms in ‘n houer kan aanhou, en sukses behaal.
    Wil Susan nie die houers waarin sy die tuinwurms hou vir ons sal beskryf nie.

    groete

  44. Sanet Erasmus says:

    Baie dankie vir hierdie wonderlike nuwe “wêreld” van erdwurms wat ek ontdek het! Dit is eenvoudig en absoluut wonderlik!
    Baie dankie dit is baie insiggewend! en inspirerend!!!
    SANET ERASMUS
    049 838 0027 landlyn
    084 549 0621 selfoon
    086 568 3317 faks
    sanet.eras@gmail.com
    sanier@mtnloaded.co.za

  45. Farmer A says:

    Hi almal. Ek het meeste van julle persoonlik via epos geantwoord. As daar egter iemand is wat oorgeslaan is, los asb weer ‘n boodskap.

    En dankie Sanet vir die mooi boodskap!

  46. Annetjie says:

    Die mieliemeelvoerdery is dalk ook ‘n oplossing vir ons mielieboere se probleem waarmee hulle tans sit. Kom ons ondersteun ons mense en voer die wurms mieliemeel!

  47. Annette says:

    Hi A

    Ek het geen antwoord gekry nie……please help…

    Dan het ek ‘n klient wat op ‘n hoewe hier aan die weskus bly. Die grond is regtig swak vi plant en hy wil om elk van sy granaat bome ‘n 1000 erdwurms in die grond sit.

    Nou wil ek net weet wat is julle gedagtes rondom dit.

    Blomme Groete van uit die Weskus

  48. Farmer A says:

    Annette – kom ons probeer.

    As die grond swak is, gaan die bome nooit perform nie. 1000 erdwurms per boom is duur. En hulle gaan nie by die boom bly nie. As die klient bereid is om daai kans te vat, sou ek se ‘go for it.’

    Ek het egter bietjie gedink hieroor, en wonder of bokashi en kompos nie beter gaan werk nie? Die bokashi ouens beweer as jy ‘n been plant, kom daar ‘n skaap op, so kragtig is die eindproduk :lol:

    Meng bokashi met ander kompos, en spit dit langs die bome in.

    Kry die hele gemeenskap om hulle oorskiet kos te gee, en versnel die proses. Daarna kan jy ‘n paar wurms insit, en hulle sal ‘n habitat he waarheen hulle sal wil terugkeer as die grond rondom hulle te treurig is.

  49. Lynnette says:

    Hi Almal,
    My “worm farm” was ‘n geskenk van my dogter, teen duurste van Wizzard Worms. Net ter inligting die houer is donker groen (ek sien swart word aanbeveel op die webwerf) – wat hulle aanbeveel is ‘n hele nat koerant gevou en bo-op die wurm geplaas, dit werk baie goed en hou die bin heerlik koel. Verder sê hulle 70% groente skille en ander goed en dan 30% sag gemaakte karton. Wanneer ‘n mens met vakansie gaan moet jy een nat koerant opsit vir elke week wat jy gaan weg wees. My womery is klein, die bin is in twee gedeel en ek het nog nie kompos uitgehaal nie (April begin). Kan iemand my sê wat is die beste manier om dit te doen? Gooi ek alles op ‘n swart sak uit en haal die wurms uit of hoe maak mens?
    Byvoorbaat dankie, Lynnette

  50. Marius van Belkum says:

    Ek en my vrou het ook reeds 4 bins aan die gang wat baie wurms in het. Ons het n probleem aangesien ons nie baie seker is hoe ons te werk moet gaan om die vermi compost te oes nie en om die worm tea te maak aangesien daar nie veel worm tea deurgaan na die onderste bak toe nie.
    Baie dankie
    Rienie

  51. Skoor says:

    Rienie

    Lees die hele webwerf deur. Die antwoorde is daarin vervat.

  52. Lynnette says:

    Hi Rienie, ek het vir die eerste keer nou die dag my vermi kompost van die wurms geskei. Dit was ‘n groot werk gewees en ek was drie ure besig (my wormery is nie groot nie)daarmee om rede die wurms nie net bo lê nie, maar is regdeur die kompos versprei.(Verskoon die Afrikaans, ek is Engels spreekend). Binne in die kompost het ek interesante goed opgemerk. Daar was soveel klein, baie klein wurms, party moes jy mooi kyk om te sien, dat dit amper onmoontlik was om hulle almal uit te kry al was ek baie versigtig en deeglik met die skeiding. Van die wurm was duidelik vet met kleintjies? Weet nie of hulle eiers lê nie. Hoe ek die skeiding gedoen het: ek het so ‘n handvol kompos voor my op die deksel deur gesit met ‘n leë bak langs my vir die wurms wat ek uitgehaal het en so het ek die hele bin deurgewerk. Die groot verassing was onder in die bin, my stelsel het ‘n stuk gauze onder in wat op die bin rus, met groewe in die bodem, en my aarde, die wurms het dik onder daardie stuk gauze gelê. Wat my laat wonder hoekom vreet hulle nie bo nie waar die kos is? Want na my meining eet hulle heeltemal te stadig aan die kos. Ek was bietjie teleurgesteld want my bin wat al 5 maande aan die gang is en ek het slegs ‘n grooterige emmer vol kompos gekry. Die wormi tee het ook eers stadig deur gekom en toe begin dit rêrig loop, ek het so bietjie water oor die kompos gesit. Die wormi tee meng mens 1 deel tee tot 10 deel water, mens kan dit seker nog flouer of sterke maak. Dan kan mens of die tee by die plant se wortels uitgooi of op die blare spray. Ek het my vermi kompos geneem en ‘n klein bietjie ingesit by elke groente plantjie wat ek geplant het. Ek moet sê my groente groei baie mooi en ek wil later, wanneer die plantjies groter is, die wormi tee by elkeen se wortels ingooi nadat dit natgelei was. Dit is maar my ervaarding en waarnemings, as iemand weet van ‘n beter, maklike manier om die wurms van die kompos te skei sal ek ook graag daarvan kennis neem. Groete, Lynnette

  53. Manie Smit says:

    Ons by Boland Landbouskool het in Februarie begin met ons boerdery met 3 kolonies aangekoop van Anton Olivier te Swellendam ( Hennie Eksteen het ons na hom verwys).
    Tans boer ons op sement in ‘n skuur. Hierdie 3 kolonies het ons in ‘n enkele ry van kaf, beesmis ens. gevestig. Soos die wurms van onder na bo werk het ons organiese materiaal bo bygevoeg. Ons het tans 4 rye van 5m lank , 1,5m breed en 1m hoog vol wurms. Huidig teel ons nog net wurms en behoort teen Desember met nog 4 rye te begin. Hopelik kan ons vroeg in die nuwe jaar begin met die kompos en tee.

  54. willem says:

    Hi
    Ek is in centurion gp boer op my eie manier het gesukkel maar danksy al die info dink ek sal dit beter gaan. Dankie almal wat raad gee
    groete

  55. amvanzyl@isales.co.za says:

    Dankie vir die terugvoer!!

  56. Chris Botha says:

    Wil ook graag begin met n paar wurmpies om op besproeide aangeplante weidings wat deur melkkoeie bewei word vry te laat om te help om die mis te verwerk en sidoende heeltemal oor te skakel na n organiese bemestingsproses. Enige iemand wat kennis het hiervan????

  57. skoor says:

    Jou wurms gaan wegloop. Jy sal die mis moet versamel en die wurms en die mis in krippe of ‘n ou dam gooi – krap bietjie rond op landbou.com en soek vir artikels oor erdwurms. Eksperimenteer nooit met jou hele wurm “stock” nie – jy mag dalk groot skade lei

  58. ella cameron says:

    hallo Al,
    Ek kry oor tien dae my eerste 2000 wurms. Ek is besig
    om die blyplek voor te berei. koerante ou beesmis en
    groente en vrugte uit my kombuis.
    Een vraag. kan ek uie en eierdoppe ook insit?

  59. Skoor says:

    Ella, GEEN uie, maar baie fyn eierdoppe is wonderlik!

  60. ella cameron says:

    wat van onbehandelde houtskaafsels. my man ‘PRODUCE”
    SAKKE VOL.

  61. Skoor says:

    Die gom in denne is te skerp, en bloekom het n stof in wat giftig behoort te wees vir wurms. Wees dus baie versigtig vir skaafsels.

  62. ella cameron says:

    wat van houtskaafsels. ons het baie onbehandelde hout skaafsels.ek is so opgewonde oor hierdie nuwe babas.

  63. ella cameron says:

    hi Al, my man doen houtwerk. ons het altyd ‘n klomp
    houtskaafsels (onbehandeld) kan ons dit iewers gebruik?

  64. Skoor says:

    Begin n komposhoop met die skaafsels. As jy oortollige groente en mis inwerk, is jy in vir lekker treats vir jou tuin!!

  65. ella cameron says:

    baie dankie, ek het nog nie eers wurms nie , maar voel alreeds of ek ‘n hele nuwe familie bygekry het.
    Verskkon maar as ek dom vrae vra. Ek raak net so opewonde oor die hele wurmbesigheid

  66. ella cameron says:

    die tyd raak min. ek raak bekommerd dat my nuwe babas se kamertjie dalk te klein gaan wees.2000 in ‘n houer
    van 30 by 50. sal maandag nog bins gaan koop en hulle so ‘n bietjie opdeel.

  67. Elsabe says:

    My dogter is besig met ‘n taak vir Chemie en wil ‘n KLEIN hoeveelheid van die erdwurmtee gebruik in ‘n eksperiment, maar ek sukkel om iemand te vind by wie ek net klein hoeveelheid sal kan koop/kry. Ek woon op wesrand , Jhb omgewing in Gauteng. As daar iemand dalk is wat my kan help met inligting, sal ek BAIE dankbaar wees.

  68. Andries Delport says:

    Het so pas op pension gegaan .Wil graag met tuin maak ens begin . Wat n wonderlike gemeenskap het ek hier gevind . Voel nou soos n kind wat n toffieappel gekry het . Bly in Bothasig weskaap soek nou plek om die kinders te gaan koop Ps ek neem aan dit sal help vir Bonzai boompies

  69. ella cameron says:

    Ek het nou sowat ‘n maand my wurms. Hulle staan in twee bins op my toegeboude agterstoep. as ek die bins oopmaa is daar altyd muggies in. kan hulle skade doen en hoe raak ek van hulle ontslae?

  70. ella cameron says:

    vanoggend toe ek my wurms oopmaak was daar ‘n klomp bo-op die nat koerant wat bo-op le en net onder die koerant kon ek ‘n hand vol wurms met een skep uithaal. ek het toe vir hulle opgesnyde pisang en skille gegee en toe ek na ‘n uur weer kyk was daar byna niks op die oppervlak nie. is piesangs reg

  71. Wim van Rensburg says:

    Ek sal graag wil weet waar is jy.Ek soek wurms bly in Bethal Stuur my ‘n epos asb

  72. Albie says:

    Ek het nou weer die hele blog gelees, ek sien ‘n paar mense wat vra hoe om die wurms van hul besigheid te sky, maar daar was geen antwoord nie. Of is daar nie regtig ‘n eenvoudige manier nie?

  73. Albie says:

    En wat van goggas wat saam die wurms intrek, hoe raak ek van hulle ontslae?

  74. Skoor says:

    Albie, daar is beslis ‘n skrywe wat handel oor hoe om die kompos te oes, oftewel die wurms te skei van hulle verwerkte tuiste.

    Goggas is normaal – dit is ‘n natuurlike proses, en jy sal dit ook op vuilgoedhope aantref. Vrugtevliee en huisvliee is egter ‘n pes, daarom moet vrugte en groente liefs gekook word voor dit bedien word, om enige larwes te dood. En daar moenie vliee in die bin kan kuier nie. Muggies is fine.

  75. Wim van Rensburg says:

    Stuur vir my asb die lys per epos aan vir die kos soorte ek kom nie in op jou Blog nie.My Epos adres is wvanrensburg@wika.co.za Enige iemand wat my kan help met erdwurms kontak my asb.

  76. Natascha says:

    Kan mens soos gras wat gesny was en droog geraak het ook vir die wurms voer en bevoorbeeld perde mis ook! Ek het n paar wurms gekry, so ek wil nou vir die eerste keer probeer kweek! Sal ek die wurms in n houtkas kan aanhou! Ek bly dis in Namibia so dit word ontsettend baie warm hier ek is bang as ek hulle in n swart bin sit sal hulle vrek van die kwaai hitte by ons!

  77. carel says:

    hi.
    ek wil begin met wurm boerdery.
    hoeveel wurms kan ek kry vir r1000?
    waar is jule?ek wil dit graag kom optel.
    groete
    Carel de la Port

  78. Manie Smit says:

    Van ons seuns hier by Boland Landbouskool het “erdwurmplase” begin vestig en stel belang om van die plase te bemark aan belangstellendes. Belangstellendes kan gerus in verbinding tree met Manie Smit by 0726360284.

  79. Annelize says:

    Waar in Vanderbijlpark kan ek dalk wurms aankoop?

  80. donna says:

    hey ek is besig om n taak vir natuur wetenskap te maak en ek wil net weet hoeveel keer per week ek my erdwurms moet voer en wat presies my taak is oor organiese voedsel vir plante

  81. Solly du Preez says:

    Ek is van Standerton in Mpumalanga. Die hele erdwurm storie op die net is vir my baie intersant. Ek boer al van vroeg in die sewentig jare al met karibas. Die rede daardie tyd was om wurms te hê vir visvang. Ons as hengelaars het onder mekaar uit geruil en elkeen het sy eie houtkas met wurms gehad. Later jare het ons die rooi wurm by gekry, hulle is gebruik by munisispale riool plase om afbreking te doen in die verouderings damme. Met geen kennis het ons maar aangegaan met ou groenteskille en afval. En goeie wenk wat ek kan voorstel is sit jou houer (bin) op ‘n staander met pote, binne blikkies met ou olie in. Die rede die olie verdamp nie soos water nie. Dit hou miere weg. Nat beesmis werk ook goed. Passop net vir beeste wat met medisyne behandel is.

  82. Jurie Auret says:

    ,n maklike manier om erdwurms uit ‘n drom te haal is om die inhoed van die drom op ‘n ou gordyn uit te keer Die erdwurmws kan maklik met die hand uit die grond gehaal word. Tel die gordyn met grond en al op en plaas weer terug in die drom.

  83. [...] Erdwurm Boerdery Tuis – ‘n eenvoudige opsomming [...]

  84. THINUS says:

    Can i feed mu wurms on the roebab plant stings after i cooked it, it is the tipe that you make poeding from

  85. THINUS says:

    Can i feed mY wurms on the roebab plant stings after i cooked it, it is the tipe that you make poeding from

  86. Tossie says:

    Kan iemand my asb help? My man soek die aanwysing vir daai tool wat jy maak van ‘n battery en draar om die erdwurms uit die gras te kry????

  87. Skoor says:

    Tossie… Het jy ‘n goeie rede om te wil erdwurms uit die gras kry?? Ons wil graag daarvan hoor.

    As dit is om aan te hou in containers…vergeet dit. Jy kan nie tuin erdwurms in houers aanhou nie.

  88. Jakob says:

    Ek bereik binne enkele maande aftree ouderdom en dink hierdie is die ideale projek om my brein aktief te hou en my ‘n verantwoordrlikheid te gee. Sal sekerlik vorentoe nog baie vrae vra en dom dinge aanvang, maar voel nou reeds opgewonde.

  89. Cobus says:

    Hallo, ek wil met erdwurms boer, maar ek wil dit in n 210L drom doen sodat ek die erdwurms in n latere stadium in my groente tuin kan sit. Wat stel julle voor is die beste manier om dit te doen. Dankie

  90. Skoor says:

    Onthou altyd dat die red wrigler wurms slegs die boonste 20cm van die grond bewerk en benut – wat ook al jou metode wat jy gaan gebruik.

  91. Ek wil begin maar het baie beperkte area wat sal die beste wees

  92. Gerhard Blake says:

    Ek het ook alreeds ‘n jaar gelede met erdwurms begin boer en sal graag wil ingelig bly oor enige nuwe idees wat mag opkom.

  93. flip cloete says:

    Kan julle asb vir my n email stier vir watter kos n mens vir die Erdwurems kan gee asb…flipcloete@telkomsa.net

  94. Farmer A says:

    Gerhard, maak gerus gereeld ‘n draai – enige nuwe idees sal hier geplaas word, belowe.

  95. Loodgieters Friesland…

    [...]Erdwurm Boerdery Tuis – ‘n eenvoudige opsomming « SA Wurm FORUM Worm SA[...]…

  96. frans says:

    Het nie geweet hoe om ‘n erdwurm boerdery te begin nie ,baie dankie vir jou opsomming , dit het my baie gehelp.

  97. Chris le Roux says:

    Hoe kan ek ontslae raak van swart miertjies wat in die kaste inkom? Vir ‘n lang tyd kon ons dit uithou deur die pote van die onderste kas met vaseline te behandel.

  98. Gerhard Blake says:

    Plaas die pote van jou houer in plastiekhouers met water daarin. Miere hou nie van swem nie.

  99. Johan says:

    Hi julle

    Ek het hou die wurms al vir die afgelope een en n halwe jaar aan. Het ook n hele klomp van hulle. My bins is die lee doppe van ou wasmasjiene. Onder in het ek peet gemeng met koerant papier. In die peet is omtrent 6000 wurms. Bo op die peet is n skadunet en bo op die skadunet is die kos. Alles wat verwerk word le onder die skadunet. Daar loop niks vloeistof uit die drom nie. Ek haal dan die wurm mis uit , en los die mis op deermiddel van n kompressor. Geniet julle wurms.
    Johan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.