Wormbins for Sale – New Stock

December 11, 2009
Don't pay to much for fancy worm bins - get a bin 
of tea producing worms, with an extra bottom bin for tea collection, and get actively 
involved in recycling and soil saving efforts.  
Teach the kids about the earth and the small creatures that makes a huge diffirence.
Tea Producing home vermi-farms available in the Western Cape.
074 123 74 33
Courier can be arranged

Worm Menu for Spring

Oktober 15, 2009

It is now the time to spoil your worms with new paper shreddings, and fruits and vegs.

Do not forget to add a bit of honey to the bin, as well as cooked eggshells.  Crushed off course.  This will do wonders for the pH of the bin contents.

Keep it away from direct sunlight.  Now is the time they become more active, double in volume before you know it.

Do not fear when you see other forms of life inside the bin – it is all part of the natural process.


Vrae en Antwoorde…

Oktober 7, 2009

Goeie dag, my naam is willie viljoen 

Ek benodig meer inligting oor hoe om my erdwurm stokperdjie te vergroot en het jou blog gelees maar ek verstaan nog nie die hele bin situasie nie, ek verstaan die wurm tee word opgevang in die onderste bin, ek het huidiglik 3 bins en wil hulle opmekaar pak maar is nie seker hoe om te werk te gaan nie, ek het sowat 2500 wurms op die oomblik.

Wat ek nie verstaan nie, as ek die 3 bins op mekaar sit, plaas ek in elke bin koerant papier met grond? 

Jy doen, ja – sodat al die wurms in al die bins dieselfde behandeling kry! 

Sit ek in elke bin n klomp wurms, of net in een spesikieke bin?

 Jy sit wurms in beide bins. 

 Moet ek die pampoen ook in elke bin sit of net in die boonste een?

Jy sit kos in al die bins waar wurms is.

 Moet ek n bietjie kompos in elke bin sit of net grond met die koerant papier?

Die hoofitem is die geskeurde koerantpapier.  Jy moet net so ‘n paar hande grond oorsprinkel.  Dis ook heerlik vir hulle om teesakkies te ontdek – rooibos verkieslik.  Hulle paar en le eiers hierin.

 Sou ek die houers in my garage sit, moet ek eenkeer per week water byvoeg of sal daar genoeg vog in die bins wees?

Jy voeg nooit water by nie.  Wanner die koerantpapier geskeur is, week jy dit in water, droog dit uit, skud dit los in die bins.  Die groenteskille en ander toevoegings is klam, en kondensasie vind binne-in die bins plaas.

Hoeveel grond moet ek in elke bin sit, moet dit soveel grond wees, dat wanneer ek die volgende bin opsit dat dit teen die bodem vasdruk of nie?

Wanneer jy die twee bins op mekaar sit, is daar ‘n gedeelte wat ‘oop’ is tussen die boonste bin en onderste bin se bodem.  Dis die gedeelte wat jy vul met koerantpapier, potgrond en kos.  Dis letterlik 3 hande vol potgrond wat jy strooi.

 Kom ek verduidelik net hoe my stokperdjie huidiglik werk, ek het n gat in die grond gemaak( sommer in my tuin) en dit uitgele met swart grond seil, ek het klein gaatjies in die seil gemaak vir dreinering.

Ek het n mengsel van 1 deel grond op 2 dele kompos gemeng en in die gat gegooi en my wurms daarin gesit, ek het n hout bord gevat en boo or die gat geplaas vir donkerte en vir die voels om weg te bly. Ek hoop nie ek oorvoer my wurms nie maar ek gooi so elke 2 weke  sowat 6 patats gehalveer daarin plus 4 butternut gehalveer, ek maak dit nie gaar nie, ek gooi dit net so rou in die gat.

Die rede hoekom ek die bins wil gebruik is dat ek n dreinerings probleem het en die gat waarin my wurms is, te vogtig is, en met die reen wat ons die naweek ontvang het was my hele tuin onder 1 voet water.

 Ek het al die inligting  direk van u af nodig sodat ek hierdie stokperdjie kan red en nie te veel verloor nie, ek wil ook nou grootskaal gaan want ek het n afset plek vir wurms en moet kan produseer met sowat 1000 wurms per week in kleiner hoeveelhede van 70 wurms per bakkie, dit is seker nou nie so groot nie maar hoe groter die besigheid hoe beter vir my want dank an ek voorsien.

Dis beter dat jy hulle so gou moontlik uit die gat kry – hulle het heel moontlik al die dreineringsgate gevind en laat spaander! 

 Ek het n vreemde vraag, onder die regte omstandighede en met gesonde bins, hoe lank vat dit vir n 1000 worms om te vermeder na 2000 wurms.

Ek self het nognie gemonitor wat die aanteling van die wurms in getalle is nie, maar ek kan jou verseker, onder die regte omstandighede, en veral met somer wat nou aankom, gaan jy sien dit raak bondels wurms na ‘n tyd.

 Ek hoop regtig dat u my sal kan help

Groete willie viljoen

Pretoria noord   

Dis altyd ‘n goeie plan om van jou huidige bin inhoud, in jou geval, die kompos gat inhoud, in jou nuwe bins te sit, sodat die wurms ‘tuis’ voel, en nie deur aanpassing stress geraak word nie.

Jy kan ook gekookte eiers se doppe baie fyn maak (gooi dit in ‘n sakkie en slaan aanhoudend met ‘n bottel se agterkant totdat dit bitter fyn is) en in die bin gooi.  ‘n Leksel heuning ‘kalmeer’ ook die gemoedere daarbinne.  Al hierdie dinge doen mens maar om ‘n gesonde nageslag te verseker.  En ‘n butternut op sy tyd is koning vir die wurms.

 Lekker boer!


TE KOOP / FOR SALE

September 23, 2009

GET YOUR OWN FARM

Consisting of 2 x plastic black bins – bottom bin for accumilating worm tea – with a couple of hundred of settled worms in the top bin for making compost or just worm tea.

Ideal for home use – fit under the table, or in the corner of your garage!

Just remove the bottom bin and pour off the worm tea to use on your plants.

R350/worm farm

Stellenbosch

0741 23 74 33

Wriggling Courier can be arranged to nearby towns


Questions from an Alternative Lifestyle Lodge

Augustus 12, 2009

Readers, Farmers and Friends – Please give some valuable input on this letter i have received

 

vermiThank you for your web info, 

I  live in Jhb Southern Suburbs and hve established a small alternative lifestyle lodge, with solar, water harvesting etc. have a few chickens which eat most of the food scraps which dont get boiled for the dog. So the worms only get the pumpkin inners and vegies that have gone soft or rotten,  

!)    I know they like pumpkin and one of the ones I grew last summer went soft so I put a couple dozen worms into it and turned it upside down on some oranic compost for them to toilet in.

However some two weeks later on checking the pumpkin now very soft I discovered not one worm was in it and nothing had been eaten.    W H Y  -  do you think the Pumpkin had grown from a GM seed,  (it popped itself up in the wormery & I transplanted a few -  Wow the pumpkin seeds grow like crazy in the

wormery, I feed the seedlings to the chickens, they look really crisp and tasty but the chickens dont seem to like them – I wondered are they nutritious to eat them as salad or stirfry) -  

2)  My main wormery is a beer crate lined with cardboard stacked on a second crate filed with a soil compost mix. I sprinkle lime once a month and layer any rotton veggies with a bit of cardboard and oranic compost, but I have a problem -  Mice or small rats like to get in and I dont want to encourage them.

I dont put any meat bones or fat into the crate so what attracts the mice ?  I have shade net and distbin lid on top – I can find something which fits more tightly but what attracts mice? verm

3)  I add water but sparingly, how much water need I add to get worm tea ? 

4)  I get the kids to sort out the bottom crate to remove all the worms once a month but how does one know when its vermicast -  it just looks like the same compost I put in originally.    

Thanks for any help you can give

and happy worming

ecoheightslodge.com

ecoheights@telkomsa.net

 


CALLING ON SUPPLIERS!

Julie 1, 2009

All suppliers close to Stellenbosch:  Neil Jackson neilsjack@mweb.co.za is looking for bucket loads of worms!

If you can help, or if you want to get rid of your worms at home, please contact him.  

Phone:+ 27 (21) 8813564 Cell: +27 (82) 783 8388


Expert Advice Needed

February 27, 2009

If someone could please contact Hardus regarding his email!

I suggest you read through the blog, and decide on how many stations you would like to have, Hardus.  I am sure the industry can supply you with larger containers than for home farming, you just have to visit plastic container producers.

See the list of worm suppliers on this blog, and order from there.

Good luck, and keep us posted on the progress!

 

 

Hi

 I would like to start a commercial worm farm that can produce at least 20m3 per week of vermicompost. I need some help on the matter and advice on how to start and what to be wary of. Also I would like to build these farms myself with a proper system that could be managed with the least effort possible.

 If you can help, please mail me.

Thank you

email hardus@oceanag.co.za  

Vermikultuur – voor dit bekend geraak het.

Januarie 20, 2009

erdMeneer Kallie Snyman het ‘n inset by die blog kommentare gelewer, en ek het hom genader om kortliks sy ervaring te deel.  Dankie mnr. Snyman dat jy ingestem het dat ek jou skrywe hier kan plaas. 

“Ek het my gewese projek destyds onder skadunet in die tuin op ons kleinhoewe
(landgoed/plot)  aangehou in ‘n sement trog wat teen ‘n klein skuinste uitgelê is om water vloei te bevorder. 

Aan die diep kant was daar ‘n uitlaat ingebou om reën water te beheer. 

Op aanbeveling van my konsultant van PU virCHO het ek hulle net beesmis gevoer. Die beesmis het ek Saterdae in die omgewing met die kruiwa gaan haal. Dit was lekker droog en vry van urine vog.  Sommer met die graaf het ek die mis fyn gemaak en stelselmatig soos die wurm populasie uitgebrei het,  bygevoeg. 

Verder het ek gesorg dat die vog gehalte altyd lekker voldoende was met sproeiers (soos wat ek in Franshoek gesien het). 

In Mafikeng waar ons bly is die temparatuur uiters geskik vir die teling en aanhou van die wurms. Ons beste mark vir die vermikompos was oggend markte omdat handelaars nog nie op daardie stadium die idee gekoop het nie. Reklame het gekom van kerk bazaars. 

Ons het lekker vriende gemaak want in die tuinbou kader is daar net mense wat omgee vir Moeder Natuur.

My makoue het lekker ge-eet aan die wurms ons Sondae het ons lekker ge-eet
aan hulle.” 

Gaan ook na google, en tik ‘landbouweekblad’ in.  Op die Landbouweekblad se webwerf, doen jy ‘n soek vir ‘erdwurms’ en lees aan die interessante, insiggewende artikels wat daar verskyn.


Erdwurm Boerdery Tuis – ‘n eenvoudige opsomming

Januarie 15, 2009

Wurm boerdery is regtig een van die maklikste dinge om van die grond af te kry.  Indien jy dit op klein skaal aanpak, let op die volgende feite:

 

  • - Jy sien nie resultate binne 2 weke nie!
  • - Jy gaan nie geld maak hieruit as jy dit op klein skaal doen nie. Dus is dit ‘n erwurm1stokperdjie. Tensy jy baie spasie het om hierdie in ‘n volskaalse boerdery te omskep.
  • - Hierdie erdwurms is NIE die ou vales wat in ons tuine is nie – dit is rooi wurms wat vinniger werk om voedsel af te breek en grond ‘gesond’ te maak. Moenie jou tuin erdwurms gaan vang en op hok sit nie – hulle sal dit nie maak nie!

 

Om ‘tuisterapie’ gratis te kry, begin jou wurmboerdery as volg:

 

  • - Koop 2 bins. Dit moet swart wees. Plastiek bins met deksels is te kry by hardeware winkels, plastiek winkels, of Game en Pick ‘n Pay.

 

  • - Wormeries adverteer bins en wurms, wat wonderlik is as jy nie ‘n vaardige persoon is nie. Dan kan jy die ekstra geld betaal, en die volledige sisteem kry.

 

  • - In een bin boor jy die kleinste gaatjies wat jy kan – al op die bodem langs. Pas jy die twee bins in mekaar, en daar waar die boonste bin ‘n gedeelte het wat nie toegemaak word deur die onderste bin nie, boor jy gaatjies vir lugbeweging deur jou wurm vesting.

 

  • - Sit twee velle koerantpapier op die bodem van jou wurm bin. Die onderste bin is om eventueel die ‘wurm tee’ in op te vang. Ook wurms wat ‘ontsnap’, beland gewoonlik in die onderste bin, en kan dan weekliks gered, en teruggegooi word.

 

  • - As jy ‘n papershredder tot jou beskikking het, shred koerantpapier. Anders moet jy dit in lang, dun repe opskeur. Hoe dunner die repe, hoe gouer werk die wurms hulle weg daardeur.

 

  • - Week die koerante in water, druk die water uit, maak die koerant bollings los van mekaar, en gooi in die bin. Maak die bin so byna ‘n kwart vol koerant skeursels.

 

  • - Neem ‘n paar hande klam grond, en sprinkel dit bo-oor die koerantpapier.

 

  • - Wurms is gek oor teesakkies. Koffie moer vind ek persoonlik te sterk, daarom hou ek by teesakkies. Rooibostee se blare en stokkies maak heerlike speelplek. Hou die sakkies na elke tee sessie eenkant, en as jy ‘n handvol het, spoel dit onder die kraan uit (verwyder enige melk wat saamgekom het uit die koppie) en begrawe dit so effe in die koerant laag. Die wurms baljaar daar, en jy sal sommer eiers ook vind na ‘n tyd.

 

  • - Bins moenie in direkte sonlig staan nie – die wurms is nie saunas gewoond nie. My een bin staan binne die huis, sonder ‘n reuk van ‘n soort!

 

  • - PASOP vir kos. Die beste is om groentes in die mikrogolf gaar te maak, en dit heeltemal te laat afkoel voor jy dit in die middel van jou bin begrawe. Ek gee my wurms tans so een maal in twee tot drie weke ‘n lekker butternut wat in skywe gesny is, en deur die mikro gaargestoom is. Te veel kos in die somer veroorsaak ‘n gistingsproses en ‘n stank wat vlieë lok.

 

  • - Kyk hoe vinnig hulle die groente verwerk, en voer hulle daarvolgens. ‘n Lys van kos waarvan hulle hou, is op my blog (adres verskyn onder-aan die artikel)

 

  • - Een maal ‘n maand gaan ek met skoon hande in en werk die dinge effe deurmekaar. Net sodat die verwerkte inhoud nie kompakteer nie. Dit is ongelooflik hoeveel wurm eiers, babatjies en reuse wurms te vind is in die bin na ‘n tyd.

 

  • - Vat versigtig aan die wurms, moenie bang wees nie, die laaste ou wat opgevreet is deur ‘n erdwurm, se Hollywood fliek het nie eens die silwerdoek gemaak nie – dit is sommer reguit video rak toe! Gril bietjie, haal asem, en vat aan jou diere. Touch Therapy in Progress…

 

  • - ‘Wurm tee’ verskyn nie oornag nie. Dit word stelselmatig bodem toe gestuur met die ontbinding en verwerking van die bin inhoud en uitskeidings van die wurms. Ook die nutriënte van die groente en vrugte wat in die bin lê en kompos word, se sappe kom uiteindelik in jou onderste bin te lande. My eerste voggies het eers na 3 maande geland! Moenie ongeduldig raak nie.

 

  • - Soos die wurms die beddegoed deurmekaar woel en laat opbreek, kan jy nog koerant en bietjies grond byvoeg om die organiese proses gelukkig te hou en die wurms werk te gee.

 

  • - Hulle klouter soms teen die kante uit – ek tel hulle versigtig met ‘n tandestokkie op en gooi hulle terug op die beddegoed. Een maal ‘n week kyk ek vir verdwaaldes in die onderste bin. Ek sorg dat daar so ‘n repie koerant in die ‘vang bin’ is indien ‘n wurm wanderlust gekry het, en tydverdryf soek.

 

  • - Ek stuur elke keer wanneer ek iets in ‘n pot vestig of ontkiem, ‘n wurm of 5 ‘met vakansie’. Hulle kry die geleentheid om buite die bin hulle taak te verrig, en wanneer die plant klaar gedra of geblom het, of uitgeplant word, is dit terug bin toe met die wurms (en enige nuwelinge)

 

  • - ‘Wurm tee’ is geweldig ryk aan voedingstowwe. Gooi die vloeistof af, en voeg water by. 2 Dele water, teenoor een deel wurm tee. Maak jou huisplante of troetelplante daarmee nat. Die resultate is duidelik sigbaar na ‘n ruk.

Stressed Earthworms in a Wormery

November 26, 2008

Compliments of Stacey @ Mother Earthworms, we have the following tips regarding stressed worms

  

…”Ok, worms that want to climb up sides of bins are showing a stress response, usually due to acidity (fruits ferment more in hot summer – hence higher acidity), or it can be that the wormery (usually black) is too hot (above 30 degrees), which could make the worms panic.

 Try:
*   VERY NB!! Feed food in MIDDLE of the bed, as this will give worms a safe place (around food) to move to IF there is acidity.
*   sprinkle agricultural lime over the bed and mix in gently, and lastly, cut back on fruits in summer, rather go for more bland veg, like butternut etc. you can also place half avocado peels near the worms. They like to rest and mate there

*   placing a wad of very damp shredded newspaper / imbibed with honey/molasses        IN the worm bed, and place errant worms IN it. This acts a as a safe buffer, and will give worms energy.

 

:) …”

More tips from Stacey are here under the Responses

 

http://www.motherearthworms.co.za


Make your own Worm Bin

November 14, 2008

wormbin2Joyce Jimerson from Washington State University gave permission to use literature from their website – thankyou Joyce!

See on this site’s homepage, under the ‘blogroll’ header on the right, a link to Washington State University website. 

It is a great site to visit for tips and expert advice.  And extremely userfriendly.

I made my worm bin as they describe on their website.  Find the complete, easy to do, instruction manual, pictures included, at http://whatcom.wsu.edu/ag/compost/Easywormbin.htm

If you are a DIY person, it is quick and easy to make yourself.  And fairly cheaper to the kits, although you don’t have to worry about anything when ordering the kit!

I find, however, that the worms get through the tiniest hole, and every so often i have to remove the top bin to rescue the worms with wanderlust.

Does anybody have an alternative or a tip to this pain?


Earthworm Anatomy(ie) Erdwurm

November 13, 2008

Vrae / Questions to the experts

November 13, 2008

My wurms begin die afgelope week teen die bin se kant uitseil om op die ‘lysie’ van die bin te gaan versamel.

Die materiaal is steeds klam en daar is kos.  Wat kan verkeerd wees?


Wurm Bin

November 13, 2008

wormbin1Click on pic to enlarge / Kliek op prent om te vergroot

 

Dit is een van vele diagramme wat die basiese uitleg van ‘n wurm bin weergee – ek is seker die kenners kan met ons die beste materiaal en metode deel.

 

Bron:  Wikipedia

Vermicompost

November 13, 2008

Vermicompost (also called worm compost, vermicast, worm castings, worm humus or worm manure) is the end-product of the breakdown of organic matter by some species of earthworm. Vermicompost is a nutrient-rich, organic fertilizer and soil conditioner. The process of producing vermicompost is called vermicomposting.

The earthworm species (or composting worms) most often used are Red Wigglers (Eisenia Foetida). These species are commonly found in organic rich soils throughout Europe and North America and especially prefer the special conditions in rotting vegitation, compost and manure piles. Composting worms are available from nursery mail-order suppliers or angling (fishing) shops where they are sold as bait. Small-scale vermicomposting is well-suited to turn kitchen waste into high-quality soil, where space is limited.

Together with bacteria, earthworms are the major catalyst for decomposition in a healthy vermicomposting system, although other soil species also play a contributing role: these include insects, other worms and molds.

 

Source:  Wikipedia

Vermiculture

November 13, 2008

The reason for starting this forum, is to bring the experts, the established farmer and the first time farmer in contact with each other.

Also to make it interesting enough for people passing, to start their own worm box.

Neem asseblief deel aan die besprekings, en stuur artikels oor vermiculture sodat ons dit op die forum kan plaas